Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » " Blom van die Baaierd" (5) deur D.J. OPPERMAN
" Blom van die Baaierd" (5) deur D.J. OPPERMAN [boodskap #58255] Do, 07 Maart 2002 20:29
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Blom van die Baaierd (5)

11 Lokvink

Die blaker op sy bors, en op die velkombers
haal Broeder Ben die stukkie geel koerant
weer uit sy Bybel, lees die halfvergete vers
wat Koen hom eens gegee het: "Liid fan di Diamant",
en blaas dan dood die tranerige kers.

" 'An hande, so mooi en so wit as di sné,
op flegsels fan dames, met hare so blond,
kan ek ongekende behoorlikhyd gé,
skyn met di glans fan sterre teen di rond,
en ek steur my ni an di wel of di wé.

" 'Fer goed of fer kwaad, met myn glimlag so koud,
fer London se krone, fer Fransinne se hoof
begroet ek di finder, feul meer nog as goud;
ek blink en word fan myn glans ni beroof,
mar fingers ferkrimp en lokke fergoud.

" 'Wat is ek? En skyn ek ook nog fandag
met myn eerste lig syn glans nog ni kwyt,
so mooi as foor Adam syn tyd in my prag?
Ek tart uit di ewe, ek daag uit di tyd
'n blom fan di bajert, ferberg in di nag.

" 'Tog blink ek en straal 'n rukki net foort
ná di konings ferkrimp en di wereld ferkwyn
en geef jou, o siil! di fermanende woord,
omdat jy alleen an di ewighyd hoort:
'n kasteel fan kristal waar Gods lig uit skyn."

(word vervolg)
Vorige onderwerp: "Blom van die Baaierd " (4) deur D.J. OPPERMAN
Volgende onderwerp: "Blom van die Baaierd" (1) deur D.J. OPPERMAN
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Mei 12 18:31:08 MGT 2024